Graag wil ons net ‘n paar goedjies onder die aandag bring van ons feesgangers:
- Geen vloeistowwe, water, ys of alkohol of kos mag in die feesterrein ingebring word nie.
- Ten volle toegeruste kroeg en biertuin sowel as ‘n wye verskeidenheid kosstalletjies.
- Kaartbetalings word verkies, alle debiet-en kredietkaarte welkom.
- Geen Gazebos of tente in die feesterrein nie.
- Opvousambrele word toegelaat aan die sykante en agter op die feesterrein (Coca Cola slaan ‘n klomp sambrele op)
- Geen braais in die feesterrein.
- Jy kan ‘n gedrukte weergawe van jou kaartjie saambring of dit byderhand he op jou foon.
- Geen onder 18s in die kroegareas.
- Bring jou eie kampstoel, of Laailou, of albei!